VREDENDAL: Na twee keer se uitstel kon 4×4 liefhebbers Saterdag, 16 Oktober aan ‘n suksesvolle Maskam Challenge deelneem.
Behalwe vir ander geleenthede wat op dié dorp aan die gang was en ‘n rally op Citrusdal het 65 voertuie aan die dag deelgeneem. Volgens Marnus Nel, een van die organiseerders het tien voertuie vaste grond gery en 55 voertuie het die sandroete gery.
Daar het geen voorvalle plaasgevind nie en die deelnemers het dié aand heerlik saam by Vredendal Gholfklub gekuier. Dié klub het hul fasiliteite verander en 300 persone kon gesellig onder ‘n tent kuier. Daar is heerlike kos deur Laerskool Vredendal verskaf en daar is ook ‘n veiling gedurende die funksie gehou. Die veiling het volgens Nel ‘n goeie opbrengs gelewer. Gert Engelbrecht het vir musiek gesorg.
Die organiseerders sien daarna uit om volgende jaar weer ‘n suksesvolle Maskam Challenge aan te bied.
Die organiseerders wil graag hul vennote wat die dag ‘n sukses gemaak het bedank. Onder andere die Lionsklub van Vredendal, Coca Cola Peninsula Beverage, Frikkie van Zyl van Bergkraal, Laerskool Vredendal, asook Vredendal Gholfklub.
Foto: J-Creations