BWC hou suksesvolle gholfdag

Berig: Emma Boonzaier

Foto: Verskaf

VREDENDAL: Because We Care se gholfdag het Saterdag, 30 Oktober plaasgevind. Dit het die Steve Hofmeyr konsert by die Keldery voorafgegaan. Vier en tagtig spelers het hierdie jaar aan die gholfdag deelgeneem. Die wenners was Callie Louw, TJ Louw, Johan Cloete en Tehan Cloete met ‘n telling van 8 onder baansyfer. Die veiling, tesame met ‘n aanlynveiling en die opbrengs van die musiekkonsert beloop ongeveer R230 000.