Misdaadvoorkomingseenheid lê beslag op Khat

Berig: Mariaan Smuts
Foto: Verskaf

CLANWILLIAM: Die misdaadvoorkomingseenheid en die hoofwegpatrollie was op 2 November besig met ‘n voertuig kontrolepunt op die N7. Om 20:10 is twee mans gearresteer vir Handel in dagga. Beslag is gelê op 4.46kg dagga.
‘n Taxi met ‘n sleepwaentjie is gestop. Die insittendes is deursoek waarna die bagasie op die waentjie deursoek is. Tussen die bagasie het hulle afgekom op 18 bondels van die dwelm Khat. Niemand wou verantwoordelikheid daarvoor neem nie en die SAPD het beslag gelê op die dwelms.
Khat, ook bekend as Chat, bestaan uit die blare en vars lote van ‘n immergroen struik wat in Oos-Afrika en ander lande gekweek word. Die blare word tipies soos ‘n bondel piesangblare toegedraai. Die belangrikste aktiewe komponent van Khat is kartinoon en katien. Wanneer Khat gekou word, stel dit die stowwe in die speeksel vry en word vinnig geabsorbeer. Slegs vars blare word gekou, want kartinoon word gou afgebreek tot ou of droë plantmateriaal.

 

Die Khat waarop beslag gelê is.