Berig: Annemarie Munnik

MATZIKAMA/CEDERBERG: Boland Rugbyunie Noordweste het onlangs die inisiatief geneem om vrouerugbyspanne in Matzikama en Cederberg te begin. In samewerking met die plaaslike munisipaliteite en Departement van Sport en Ontspanning, is klubs aangeraai om ‘n vrouespan te begin om saam met die mans deel te neem aan die Mayoral Cup.
Demas Fortuin, Boland Noordweste verteenwoordiger noem dat daar in ander streke reeds vrouespanne is, maar nog nie in die Noordweste nie.
Hy noem dat elke munisipaliteit ‘n vrouespan moet hê, asook ‘n O/21 span en twee senior spanne om deel te neem aan hierdie kompetisie. Matzikama Munisipaliteit se span sal deelneem teen Saldanha, Cederberg en Swartland, omdat die spanne onder Weskus Distriksmunisipaliteit val. Die wenner en naaswenners sal teen ander distriksmunisipaliteite in die uitspeelrondes speel om so die wenners te bepaal.
Matzikama was veronderstel om 9 Julie met die kompetisies te begin, maar as gevolg van logistieke probleme en sommige klubs wat nie spelers wil afstaan tydens die liga nie, is dit vir Boland Rugbyunie ‘n uitdaging.
Fortuin noem dat hul Maandag, 4 Julie ‘n vergadering gehou het om Saterdag, 9 Julie se proewe te reël. Hier gaan verskeie klubs saamsmelt om dan teen ander plaaslike klubs te speel om spanne op te maak om in die Mayoral Cup te speel. Klubs moet hul O/21 spanne ook na die proewe stuur om uit hulle ook ‘n A-span en ‘n B-span op te maak. Swartland en Bergrivier se spanne speel Saterdag teen mekaar in die Mayoral Cup.
Die rede vir vrouespanne is om die hele Noordweste te help ontwikkel, en vrouens die geleentheid te bied om plaaslik, dalk Boland en dan provinsiaal te speel.
Fortuin gaan ook later die maand na plaas-like skole gaan om met hul die moontlikheid van O/15 en O/18 dogterspanne te bespreek. Hiermee wil hy die gemeenskap die geleentheid bied om te ontwikkel. Vrouespelers hoef ook nie bekommerd te wees oor kleredrag nie, elkeen moet net haar eie tokse koop.
Fortuin nooi dié uit wat graag Rugga speel om ook betrokke te raak by die verskeie klubs in die omgewing. Hierdie spelers sal ook dan die geleentheid kry om eendag Boland en dalk provinsiaal te speel.
Indien enige dames 18 jaar en ouer belangstel om betrokke te raak by rugby, kan hul die verskeie klubs kontak of vir Fortuin by 071 507 4419.