VREDENDAL: Die 14de Trucker’s Party het Donderdag, 24 Februarie by die Keldery plaasgevind en was weereens ‘n reuse sukses. Ben Nel van Truckers reël jaarliks die gewilde funksie, gedryf deur sy passie om bejaardes te help.
Geskenkte items word op hierdie aand opgeveil en die fondse word geskenk aan verskeie tehuise in die streek. Arend Adriaanse en Koos Stemmet is hierdie jaar mede-komiteelede.
‘n Totaal van 135 gaste was teenwoordig by die geleentheid.
CIMC Vehicles SA het al die pad vanaf Johannesburg gekom om die aand by te woon.
Die grootste items wat die aand opgeveil is, was die gebruik van twee MAN trokke vir drie maande. MAN was die ankerborg.
Daar was twee groot geskenkbewyse deur Bayside Auto Truck Clinic. ‘n Oorspuit van net ‘n voorhaker ter waarde van R35 000 is opgeveil vir R40 000. Dan was daar nog ‘n geskenkbewys ter waarde van R40 000 vir die oorspuit van ‘n hele kombinasie.
Orbit Commercial het onderdele vir ‘n Mercedes Benz voorhaker geskenk wat opgeveil is vir R20 000.
Gert Engelbrecht was die gaskunstenaar en Derick Lochner die afslaer.
Die aand se ete is geborg deur Afrit Cape Town.

Die funksie het R450 200 ingesamel.