ELANDSBAAI: “Die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing het die Weskus kreef gebeurlikheidsplan geaktiveer en ‘n Rooi Waarskuwing uitgereik, wat alle regeringsrolspelers in die sektor op bystand plaas,” het die woordvoerder op 2 Maart gesê.

 

Dit volg op die skadelike algebloei (rooigety) wat besig is om in die Weskus van die Wes-Kaap te ontwikkel, wat  ‘n geraamde 500 ton Weskuskreef uitloop veroorsaak het vanaf 2 Maart.